Artist picture of Demi Lee Moore

Demi Lee Moore

22 814 fans

Artist's Top Tracks

Neon Moon Demi Lee Moore 04:05
Jolene Demi Lee Moore 03:40
Ons Sal Self Gerhard Steyn, Ruhan Du Toit, Demi Lee Moore, Steve Hofmeyr 03:27
Amanda Steve Hofmeyr, Demi Lee Moore 03:07
Take Me Home Country Road Steve Hofmeyr, Ricus Nel, Demi Lee Moore, Riana Nel 03:34
Ek Weet Al Lankal Bobby Van Jaarsveld, Demi Lee Moore 03:35
Kannie Sonder Jou Nie Demi Lee Moore, Riaan Benade 03:26
Maak My Jou Tequila Demi Lee Moore 03:04
Shallow Steve Hofmeyr, Demi Lee Moore 04:59
Dalk Is Liefde Te Min Demi Lee Moore 03:49

Latest release

Jy Ken My Naam

by Demi Lee Moore

12/03/2021

672 fans

Similar Artists

Playlists

For every mood

Biography

Nadat Demi Lee Moore as wenner van die eerste Die Kontrak-televisieprogram aangewys is, was haar paadjie in die Afrikaanse musiekbedryf geplavei na sukses soos sy hoogtes behaal het. Haar eerste album, Mis Eet Slaap Herhaal, het skaars die rakke getref toe dit binne tien dae goue status behaal het met winkels wat ook nie kon voornbly soos voorraad van hul rakke afgevlieg het nie. Gedurende Die Kontrak is kykers voorgestel aan hoopvolle deelnemers wat graag ’n Coleske Artists-kontrak wou inpalm. Demi-Lee het kykers se aandag vinnig getrek en groot opslae gemaak met haar en Monique Steyn se vertolking van die gewilde vertolking van die Amerikaans countrysangeres, Cam, se treffer Diane. Hulle het selfs Cam se aandag getrek en dié ster het hulle op sosiale media gekomplimenteer het met hul weergawe. Daarna het Demi-Lee aanhangers verder bederf met haar sielvolle vertolking van Amanda saam met Steve Hofmeyr. Daarna het Demi-Lee nog verdere bekoor met haar engelstem toe sy nóg dieper in musiekliefhebbers se harte kruip met haar album, Country. Met dié album het sy aanhangers noot na noot bevredig soos sy ou goue treffers met haar eie unieke aanslag vertolk het. ’n Splinternuwe duet saam met Steve Hofmeyr, When You Say Nothing At All, is ook ingesluit op dié album en weereens het dié twee vir musikale kuns gesorg. Een van haar hoogtepunte is ook die insluiting van haar en haar mentor, Arnold Coleske, direkteur van Coleske Artists en voormalige lid van die SAMA-bekroonde duetpaar, Coleske se duet, If I Needed You. Daarna het Demi-Lee en kollega, Bobby van Jaarsveld - wat ook onder die Coleske-vaandel is - teen die einde van 2019 hul duet, Ek Weet Al Lankal, vrygestel. Dié liedjie is besonders goed ontvang deur altwee dié kunstenaars se aanhangers. Johan Oberholzer, wat die liedjie geskryf het, het ook vertel dat hy juis dié liedjie spesiaal vir Bobby en Demi geskryf het. Demi-Lee straal as sy haar hoogtepunte uitwys - van die oomblik dat sy as wenner van Die Kontrak aangewys is, dat haar eerste album binne tien dae goue status bereik het, om deel van die Classicvs-produksie te kan wees en dat sy landswyd kan toer met haar musiek. Volgens haar is een van die grootste voorregte ook om met tye ’n verhoog saam met die groot liefde in haar lewe, Barthlo te kan deel en dat sy Arnold Coleske haar mentor kan noem.